15 Junie 2011 ~ Die Maan

Die volgende fotos is geneem met die Olympus SP-800UZ. Die kamera was op ‘n tripod om stabiliteit te gee. Die flash was aan in die eerste drie, en af in die laaste wat daarop volg. Geniet dit julle, ek dink dis pragtig.

 

 

Ek gaan nie jok nie, dis was ‘n fees gewees om die fotos te neem. Mens aanskou dit nie elke dag nie.

Share
Categories: Flintie, Flintstoned, Science | Tags: , , | 11 Comments

Die een ding…

As daar een ding in jou huis is wat jy saam met jou kan vat die dag as daar groot marakkas is en jy moet vlug, wat sal dit wees? Mens se eerste reaksie sou seker wees om jou man en kind, of dan net die kind as die man vol stront is, te gryp en te hardloop.

Dit is ongelukkig nie hoe ek die bedoel nie. Ek praat regtig net van ‘n item, een tasbare stukkie iets wat jy sal kan vashou as jy terug verlang. Klein genoeg om in jou sak te druk, maar belangrik genoeg om nie agter te los nie.

My item

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die klein botteltjie is gekoop in Parys gedurende een van my Britse vriende, Clive, se besoeke. Dit was na ure en ure se op en af loop tussen antieke winkels vol antieke dinge. Sy waarde sal seker nooit in rand en sent kan bepaal word nie, want die onthou wat in hom gebere is sal nooit vervang kan word nie.

Ek “tag” dan vir die volgende bloggers om saam te speel.

Dellie

Demoerin

Skoor

Choppy

Sonkind ~  Ek is nie seker of sy nog skryf nie, maar ek is absoluut GEK oor haar blogs!

Indien daar ‘n leser is wat sy item sou wou deel kan hy/sy dit mail na:

flintstoned123@gmail.com

Gebruik “Item” in die onderwerp veld.

Share
Categories: Flintie, Flintstoned | 12 Comments

Stille nag…

Hoe weerloos is ek darem nie teen daai stemme in my kop nie. Hoe maklik glo ek nie al die kritiek wat ek oor myself uitspreek nie. In die stilte van die nag is die stemme op hul duidelikste.

Die spore wat hulle deur my hart trap is prominent, en elke tree brand soos vuur nog ‘n letsel in my gees vas.

♪♫♪ Siembamba mamma se kleintjie ♪♫♪

“Rivierkind”, verwek langs die oewers van die magtige Oranjerivier, en laat staan iewers in die sneeu gevlekte landskap van die Drakensberge.

Gespeen vanaf ‘n monster wat kinders  se lewens verwoes het.

Ek het saans die houe lê en tel, geweet dat die een wat my gebaar het in die oggend soos ‘n sirkus nar gaan lyk. Natuurlik net sonder die make-up; en sonder die lag…

Sien God my raak? Hier waar ek in die stilte van die nag sit en tik, worstel en onthou. Onthou wat ek al vir soveel jare net wil vergeet. Elkeen kry sy beurt, die wiel waarom die lewe draai staan vir niemand stil nie.

Tannies met dik geplakte onderlaag in te stywe klere wat te veel tiet wys knipoog vir die sondes van die wêreld. Hulle swaar goud skitter om gevlekte gewrigte en hulle lippe spreek met outoriteit oor dit waaraan ander nie eers kan dink nie.

♪♫♪ Bah-bah!  Black sheep, have you any wool? ♪♫♪

 

Share
Categories: Flintie, Flintstoned | 9 Comments

Lekker om terug te wees!

Dit was omtrent ‘n besige paar weke wat ek en manlief agter die rug het. Ons het uiteindelik in ons eerste huis ingetrek! Dit was harde werk, maar om skielik van ‘n een slaapkamer woonstel na ‘n drie slaapkamer huis te trek maak dit die moeite werd.

Ek is dronk op al die spasie wat ons skielik het, ons twee honde, Thandi en Cindy,  is by ons en die kat is in die sewende hemel. Ons is ook twee Budjies, genaamd Liefling en Sproeitjies, ryker.

Om jou ‘n idee te gee van hoekom dit so nodig was om ons eie huis te kry  gaan ek vir jou die volgende vertel. Toe die treklorrie hier voor die huis stop en hulle begin indra was die drie slaapkamer huis vol, behalwe vir een kamer wat tans ‘n “stoorkamer” is vir al die bokse wat nog nie uitgepak is nie. Dit is hoe baie meubels en bokse ons in daardie een slaapkamer woonstelletjie van ons gehad het.

Gelukkig het ek destyds toe ons in die woonstel in getrek het genoeg gordyne vir ‘n huis gekoop. Ongelukkig teen R300.00 ‘n baan, en almal in dieselfde kleur en ontwerp.

Soos jy kan dink los dit my nou met n kakhuis vol duur gordyne wat ek nie gaan gebruik nie omdat elke kamer ‘n ander kleurskema gaan wees.

Dit daar gelaat, en glo my as ek sê dat dit ‘n uiterse teer sakie tussen my en manlief is op die stadium. Hy voel net hy moes amper R5000.00 opdok vir die gordyne, en ek moet dit maar net maak werk in my “kleurskemas”. Ek kan hom seker nie kwalik neem nie, maar as hy weet wat ek vir die tuin beplan, en wat dit gaan kos, sal hy met ‘n glimlag vir nuwe gordyne betaal.

Ek probeer om die skokke wat ek uitdeel eweredig uitmekaar te spasieer, die man is ook net mens en ek wil hom nie bewustelik laat ly nie, maar die dinge moet gedoen word en ongelukkig kos dit geld.

Die hartseer deel is dat die kind waarvoor ons Voogde was terug is na sy ma toe. Skielik is die huis baie stil, en baie groot deur die dag veral, maar dis hoe die dinge werk.

Jy is daar vir solank as wat jy nodig is en dan moet jy groet en hoop dat die tydjie wat julle saam deurgebring het genoeg was om ‘n blywende impak op die kind te maak.

In die geval twyfel ek sterk of dit so was.

Die kind was reeds 16, en dus was dit amper onmoontlik om wat hy in sy wordingsjare aangeleer het af te leer. Dit was partydae asof ek met n muur praat. Raas het nie gehelp nie, straf het nie gehelp nie, en pakslae is teen die wet.

Waarmee los dit jou?

Absoluut fokkol.

Die welsyn het ons gewaarsku dat die ‘n moeilike geval gaan wees, maar presies hoe moeilik het hulle heel slim van ons weg gehou.

Ek grap net, hulle was baie oop oor die uitdagings, en was baie ondersteunend dwarsdeur die proses. Hulle het berading aangebied om die aanpassing makliker te maak, en was altyd beskikbaar vir advies. Die bystand was nodig, want soos jy weet kom ‘n kind nie met ‘n handboek uit nie.

Ek gaan julle vir nou eers weer moet groet, die werk hou net nie op nie. Ek sal updates gee so gereeld as moontlik, maar aangesien Telkom nog nie ons lyn oorgedra het nie, kan ek nie sê hoe gereeld nie.

Geduld is ‘n kosbare eienskap wat ek ongelukkig nie besit nie.

Gladiator Sekuriteit in Carletonville se diens is UITERS kak om die minste te sê. Hulle moes die alarm net oorskuif na die nuwe eiendom toe, maar allas, vyftien dae later en daar is nog niks. Die feit dat ons versekering nie ‘n sent gaan uitbetaal indien hulle sou inbreek en ons alarm is nie geïnstalleer nie beteken vir hulle niks.

Kyk nou hoe blaas ek my dop as hulle my geld vat vir die maand waarin die alarm nie gekoppel was aan hulle sisteem nie. Ek is amper oortuig dat hulle dit gaan doen, dis die tipe besigheid wat hulle is.

Dinge wat ek geleer het gedurende die trek:

  • Kry professionele mense om jou te trek. Sodoende het jy versekering op al jou eiendom en glo my, iets is amper verseker om, om te val, of af te val.

 

  • Maak jou potplante se blare skoon met watte wat in melk gedip is, jy sal nie glo hoe mooi dit jou plant se blare maak nie.

  • Bespreek en bevestig jou huishulp se werksure en hou daarby. Ek is seker sy kan iets kry om te doen in daai uur wat sy gewoonlik vroeër loop.

  • As jy iets wil wegsteek sodat jou man dit nooit moet kry nie, steek dit weg in die stofsuier se sakkie wat die stof opgaar.

  • Prestic op die einde van jou “curtain rail” sal verseker dat jou gordyn nie van sy baan afgly nie.

  • Glo dit of nie, maar jou troeteldier kan wel jou verkoue, maaggriep of koors opdoen, en vice versa.

  • Moet nooit Zeb oond skoonmaker spuit terwyl jou kop nog in die oond is nie. Die wenk kan jou lewe red aangesien my longe amper platgeval het toe ek so onnosel was om dit te doen.

  • Koeksoda in ‘n koppie, agter in jou yskas, hou jou yskas vry van reuke soos knoffel en dies meer. Roer die bakkie met koeksoda so elke tweede week.

  • Nog twee uitstekende wegsteekplekke waar jou man nooit gaan kyk nie is onder die strykplank en agter die skoonmaakmiddels in die besemkas.

  • Die wasmasjien se laaitjie is ook ‘n wenner.

  • En laastens moet om hemels naam nie aan ‘n boor vat as jy nie seker is hoe die ding werk nie!!

 

Ek groet julle nou regtig, ons gesels weer binnekort dat die biesies bewe. Intussen wens ek elke leser ‘n gatskop dag toe. Gaan groot, oorwin, en geniet.

 

 

Share
Categories: Flintie, Flintstoned | 5 Comments

Blog “adamsappel.wordpress.com” maak toe.

Dit is met ‘n swaar hart,dat ek my besluit oor die voortbestaan van die blog met julle deel. Adam Appel se storie is deur my geskryf, en dis alles die waarheid. Dis my storie, en dus is dit vreeslik persoonlik.

In die tyd wat ek die blog oop gehou het, het baie van julle ‘n ander kant van my gesien. Daar was die wat dit nie kon hanteer nie, en hier dink ek nou aan een dame spesifiek, sy het my verwerp en geoordeel oor my verlede, sonder om my ooit te leer ken.

Dit was die seerste seer ooit, ek voel regtig dat sy dit anders kon hanteer het.

Dit daar gelaat…

Ander het weer kom dankie sê, of om hulp kom vra. Ek het gehelp waar ek kon, en ek glo dat die blog ‘n sukses was. Ten spyte van sommiges se kinderlike reaksies.

Ek glo dat my storie die mense wat dit nodig gehad het, aangeraak het. Ek is dankbaar dat dit waarvoor ek gemik het bereik is ten opsigte van dit.

Die ondervinding as skrywer van die blog, was anders as enige van my vorige blogs. Ek skryf al vir lank onder die naam Flintie, en dis hoe die meeste van die lesers my ken. Tog was die blog anders. Dis was konfessies uit my siel uit, rou emosie en bloederige herinneringe was ingewortel in die proses. Daar was nie ‘n ander manier om dit te doen nie, ek moes onthou. Al was dit hoe seer.

Die onthou was regtig nogal baie seer en dit was vreeslik moeilik, maar dit het ook heelgemaak en genees. Dis asof die etter nou uit die wond is en ‘n gesonde roof kan begin vorm.

Vir elkeen van julle wat kom lees het sê ek dankie.

Dankie vir die tyd wat jy afgestaan het om te kom lees. Dankie vir die moeite wat elkeen van my epos lede gedoen het om in te skryf. Dankie dat ek my storie met julle kon deel, ek weet daar is baie wat gelees het en nie kommentaar gelos het nie, vir julle sê ek ook baie dankie.

Die statistieke op die blog was ongelooflik goed, en dit is alles te danke aan julle ondersteuning.

Ek hoop dat elke een van julle wat hier uitgekom het in liefde sal wandel, jou oë op jou God sal hou (al noem jy Hom wat).

Mag goedheid, liefde, respek en voorspoed jou volg, waar jy ook al mag gaan.

Groete

Flintie

Ek skryf egter steeds op my oorspronklike blog

Kom kuier gerus saam!

www.flintstoned.co.za

 

Share
Categories: Adam Appel | 4 Comments

From one girl to another…

Dankie dat Dellie gepose het vir die skets.

Share
Categories: Funny pics | Tags: , , , | 11 Comments

Ds. Pieter Fourie, sy storie leer my baie…

Ek het so rukkie terug ‘n post oor Pieter Fourie geskryf, en dis nogal n gewilde post as ek so na my stats loer. Een van die wat die meeste search engine hits trek.

Ek volg dus die Pieter Fourie storie aandagtig oor die net en in publikasies, dit is regtig hartseer om te sien dat ‘n kring ou omies ‘n man van God in sy amp kan stuit. Wie het hulle God gemaak?

Pieter Fourie het niks in sy bedienings gebruik wat nie deur Jesus en sy dissipels gebruik was nie. Sy bediening was in lyn met God se woord, volgens hom, en volgens my, het hy die Here se werk gedoen.

Wat het hy gedoen wat so verskriklik was?

‘n Paar mense was dalk opgewerk oor sy stellings aangaande demone en depressie, maar was dit nie maar nog altyd ‘n kontroversiële onderwerp gewees nie? Onthou julle nie die Rodney Seal seminare op skool, en sy boeke nie? Ons het dit gehad, hulle het ons daadwerklik kom waarsku teen die okkult en hulle bedrywighede.

Ermelo, waar ek groot geword het was een van die hoofsetels van Satanisme. Ons het baie dinge daar gesien, dinge wat mens vandag afmaak as onsin en bog. Hoekom? Want dit is mos wat grootmense doen, ons glo nie iets wat ons nie verstaan nie.

Pieter Fourie het in sy bediening inisiatief gebruik. Hy het aanlyn gegaan, op sy koste en tyd, nie joune nie en ook nie myne nie. Hy het deur die medium duisende, ja letterlik duisende, bereik. Soveel meer as in enige kerkdiens wat Krugersdorp se kerke kan hou.

Waaroor is die Krugersdorp se NG Ring so ontsteld? Sy bediening op Facebook, MXIT en BBM is mos op sy eie tyd, of is dit nie? Mens wil hard word en begin sê die Duiwel is aan die werk in daai Ring, maar dit sou ook nie vreeslik Christelik wees nie.

Pieter, ek salueer jou my vriend. Jy wag geduldig op God se uitkoms aangaande die saak, en jou standvastige geloof en vertroue in God leer my elke dag ‘n les of twee.

Jy is die beter man in die storie, jy moet nooit die moderne bediening van jou opgee nie. Die mens staan nie stil in tyd nie, en die kerk moet bitter vinnig begin aanpas in die moderne tyd, of hulle gaan te gronde gaan.

Gaan in God my vriend!

 

Share
Categories: Flintie, Flintstoned, Jesus | Tags: , , | 19 Comments

He’s watching you!

 

With permission of Adel.

Share
Categories: Facebook, Flintstoned, Funny pics | Tags: , , , , , | 3 Comments

Soms kruip die les weg

Ek dink nie ons besef altyd hoe ons ander laat voel, voordat ons dit self ook gevoel het nie. Dis asof ons eers ons eie vingers moet brand voordat ons ‘n les gaan leer. Vir een of ander rede is ons altyd op die “Lifeskills for idiots” lewenspad.

Ek begin verstaan hoekom. Die kosmos weet ons as mens, vir al ons evolusie en breinkrag, leer maar stadig.

Nietemin, somtyds gebeur daar iets wat jou fondasies skud, jou hare so bietjie deurmekaar krap en jou dieper laat kyk na dinge. Jy begin, sonder om te dit te besef, herevalueer aan jou verhoudings, bande en verantwoordelikhede.

Wat jy uitvind met die gesnuffel, is met tye skokkend, en oor die algemeen nogal verrassend. Dit is dus seker ‘n goeie ding as jy nog lesse leer uit vriende se aksies en dade, so mens kan nie sê dat julle uitmekaar uit groei nie en daar is nog ‘n vorm van simbiose tussen mekaar. Hoeveel van ons is regtig opgewasse genoeg om verby die glipse wat elke nou en dan gebeur te kyk?

Onthou, vriende mag ook van mekaar verskil met tye.

Mense skryf mekaar so maklik af deesdae. Dit is verkeerd, want waar is die gees van vergifnis waarby ons as kinders van God moet lewe? Vergifnis speel een groot rol in Jesus se boodskap, dit word in die Onse Vader ook genoem, dus het Jesus seker gemaak ons verstaan dat vergifnis ‘n daaglikse taak vir ons as kinders van God is.

En vergeef ons, ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe.

As ons gaan sit en regtig mooi dink oor elke krisis wat ons al in ons lewens gehad het, en dit objektief benader sonder emosie, sal ons sien dat daar twee lesse geleer word uit elke een uit. ‘n Fisiese een, en ‘n spirituele een.

Daardie lesse is die geskenke wat God aan jou gee na die tyd van sukkel. Dis wat jy daarmee maak wat sal bepaal hoe jy in die toekoms gaan optree en groei as mens.

So al wat Hy regtig van ons verwag is om die meeste van dit te maak…

 

Share
Categories: Flintie, Flintstoned, Jesus | Tags: , , , , | 4 Comments

Die Prins Edward Eilande – Marion Eiland.

Marion eiland is die groter een van twee eilande wat die Prins Edward eilande genoem word. Marion eiland is sowat 1770km suidoos van Port

Sateliet beeld van Marion Eiland.

Elizabeth. Die eiland se  GPS ko-ordinate is 46°54′ Suid en 37°5′ Oos in die suidelike deel van die Indiese oseaan.

Marion Eilande word nie bewoon nie, behalwe vir die navorsingspanne wat daar werk, en die eiland behoort aan ons, die Republiek van Suid Afrika. John Fairburn het die eilande in die laat 1947’s en vroeë 1948’s aan die republiek geanker, en ons vlag het van daardie dae af op Mario eiland gewapper.

Die eilande was eerste aangeteken deur ‘n Nederlandse skip genaamd “Maerseveen”. Dit was bloot ‘n toeval dat die skip verby hulle gevaar het, en daar was geen poging aangewend om aan wal te gaan nie. Die bekende “Captain Cook” het ook met die eilande kennis gemaak, maar kon as gevolg van weersomstandighede nie aan wal gaan nie. In 1772 was die eiland weer aangeteken deur die Fransman Marion du Fresne wat opsoek was na Antarktika. Vir vyf dae het hy om die eilande gevaar voordat hy besef het dit is nie ‘n kontinent nie, maar twee individuele eilande. Hy was nooit weer terug soontoe nie.

Marion eiland is ‘n jong eiland in geologiese terme. Daar word geskat dat die eiland maar tussen 500 000 en 1 miljoen jaar oud is. Die eiland se ontstaan was vulkanies van aard, en die eiland self is die piek van ‘n 5000m hoë vulkaan wat op die seebodem begin. Net 1300m van die vulkaan steek bo die water uit.

Daar was geglo dat die vulkaan “dood” was, en dit was as ‘n “uitgesterfde” vulkaan geklassifiseer. Dit het in 1980 verander toe Marion eiland in ‘n area genaamd “Kaalkoppie” ‘n uitbarsting gehad het. Dus, vanaf 1980 word Marion eiland as ‘n “aktiewe” vulkaan geklassifiseer.

Die eerste gedokumenteerde bewys van iemand wat aan wal gegaan het, dateer terug na 1803. Die groep was robjagters wat op soek was na broeikolonies om in te gaan jag. Hulle het wel daar bewyse gekry van vorige mense wat daar was, maar geen geskiedkundige dokument kan verifieer wie dit was nie .

Die heel eerste ekspedisie na die Marion eiland was ‘n groep wetenskaplikes (meteorologists) onder leiding van Allen B Crawford. Oor die jare het meer en meer wetenskaplikes uit verskillende velde betrokke geraak in die navorsing werk op die eiland. Alles word nagevors, biologie, geologie en ekologie.

Die eerste  biologiese observasies wat ooit aangeteken was vir die eilande, was die van Richard Harris. Hy het seevoëls geobserveer en versamel tydens ‘n Britse robjag in 1830.

‘n Interessante feit omtrent die eiland is dat ‘n groep wetenskaplikes in 1947 ‘n groepie van 5 katte oorgeneem het na Marion eiland toe om die rot plaag te beheer. In 1977 was daar 3405 wilde katte op die eiland. Dis ongelooflik baie vir ‘n habitat wat glad nie katte gehad het nie. Die katte het voëls gevreet wat tussen die klippe broei. ‘n Prooi wat baie makliker was om te vang as ‘n rot. Dit het die navorsingsgroep 19 jaar geneem om die katte uit te roei. In daai 19 jaar het getalle van inheemse biologie so geval dat dit sommiges op die grens van uitwissing was.

 

Daar is slegs een ys gletser op die eiland oor, die gletser is 1000m bo seespieël en staan bekend as die “Ice Plateau” . Daar is wel bewyse in die geologie dat ander gletsers eens op ‘n tyd oor die eiland beweeg het. Die Gletser krimp elke jaar aansienlik baie, en daar is reeds ‘n astronomiese verskil tussen nou en wat die gletser 30 jaar terug was.

Die eiland word omring deur 72km kuslyn. Meeste daarvan is kranse wat loodreg in die see in val. Daar is ‘n paar strande op die eiland, maar net twee van hulle is sand strande, die res is klip en rots strande. Nie dat jy baie op die strande sal wil wees nie. Die jaarlikse gemiddelde temperatuur is 5°C en dan praat ons nog nie van die winde wat van alle kant af neerkom nie. Winde van tot 200km/h is al gemeet op die eiland.

‘n Paar interessante feite aangaande die Prins Edward Eilande:

  • Die “Atlantic Yellow Nosed Albatross” (Thalassarche chlororhynchos)word slegs op die Prins Edward Eilande gevind.
  • Die “Wandering Albatross” met ‘n vlerkspan van ongeveer 3.5m word ook Marion Eiland gevind. Hulle broei kolonie se getal staan tans op ongeveer 1500 voëls. Die voëls kan tot 900km per dag aflê as hulle vlieg. Hulle keer jaarliks terug na dieselfde broeiveld en het een maat lewenslank.
  • Daar is vier soorte Pikkewyne wat daar broei, die King (Aptenodyte Patagonicus), die Gentoo (Pygoscelis Papua), Die Macoroni (Eudyptes Chrysolophus), en die Rockhopper (Eudyptus Chrysocome)
  • Afval kos word snags van ‘n krans af in die see gegooi. Dit word slegs in die aande gedoen sodat die voëls nie afhanklik raak van die eiland as ‘n bron van kos nie.
  • Die plek waar menslike riool in die see inloop, word Shit Creek genoem.
  • Geen vars Groente word op die eiland toe gelaat nie aangesien dit kan veroorsaak dat ‘n uitheemse spesie wortelskiet op die eiland.
  • Alle afval wat verbrand word, word in dromme geseël en terug gestuur Kaapstad toe.

Die nuwe navorsing fasiliteite en geboue is onlangs op Marion eiland gebou, en die ou sentrum sal stuk vir stuk afgebreek en terug gestuur word vasteland toe.

 

Share
Categories: Flintie, Flintstoned, Science | Tags: , , | 4 Comments